top of page

Ons

Skool

'N SKOOL MET 'N VISIE VIR 'N KIND MET 'N MISSIE

Ons Skool

Laerskool Swellendam is 'n Afrikaans-medium skool waar Afrikaans die taal van onderrig is. Ons akkommodeer ook leerders wie se huistaal Engels is deur engelse leermateriaal en -kommunikasie.  Laerskool Swellendam is ʼn gelukkige tuiste vir jou kind.

​

Elke leerder is geregtig om leerstof in die taal van sy/haar keuse. Alle kommunikasie met ouers geskied in hulle moedertaal. Nuusbriewe en omsendbriewe word in albei tale gedruk.

Boy with DIY Robot

Missie

Laerskool Swellendam se missie is om opvoedende onderwys vanuit 'n waardegedrewe perspektief aan al die leerders te handhaaf.

​

Die skool wil leerders lei om te ontwikkel tot selfstandige individue wat aanpas in 'n samelewing waarin hulle 'n volwaardige bydrae kan lewer tot 'n vooruitstrewende gemeenskap waarbinne hulle hulself kan handhaaf.

028c986c-3db0-4dda-b7e2-2cfab4030860.jpg
737926f2-f909-4243-a062-56c599439ca0.jpg

Ons Glo

Laerskool Swellendam glo in 'n geheel-kind benadering.  Ons omarm diversiteit en erken dat ware pedagogiese liefde die hoeksteen is van alle opvoedingsverhoudinge wat lei na sukses.

​

Ons stel die kind se belange eerste en glo in die beginsel van "Elke kind.  Elke kans.  Elke dag." Ons glo dat onderwys 'n roeping is. 'n Gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees, daarom rig ons ons kinders in 'n gebalanseerde lewenswyse op.

Laerskool Swellendam Wapen
Die begin

Onderwys in Swellendam het ‘n lang en interessante geskiedenis. So ver terug as 1744, nog voordat die distrik verklaar is, het ‘n sieketrooster, Abraham Schietekat, begin skoolhou op Grootvadersbos. In 1836 het C.W. Paulsen ‘n skool vir slawekinders en ook vir die Khoi-Khoi-kinders van die omgewingbegin met die doel om hulle te leer lees, skryf, somme maak en psalms sing. In 1837 het ‘n groep vroue ‘n Genootskap gestig om die onderwys te behartig. Paulsen is intussen oorlede en J.R.Keet het hoof geword van die skool wat toe na die Boonste Oefeninghuis, (regoor SPAR), verskuif het. Dit was ‘n “vrye” skool en is ook deur ‘n hele paar blanke kinders bygewoon.

bottom of page