top of page

Uit die kantoor

Benton Nortman.jpg

“This is the story of famous men…

You have to fall to rise again. So, pick yourself up and dust yourself off and start all over again. Because, when the going gets tough, the tough get going. And this is the story of famous men.”

 

Welkom by Laerskool Swellendam - ’n plek waar kinders floreer, waardes geleef word, en tradisie hand aan hand loop met ’n toekomsgerigte uitkyk.

Ons skool is diep gewortel in die unieke karakter van die Overberg. Hier, in die hart van ons gemeenskap, draf kaalvoetkinders, met stof aan hul tone en drome in hul oë.

By Laerskool Swellendam plaas ons die kind sentraal in alles wat ons doen. Elke besluit, elke aksie, elke prestasie is gebou rondom ons missie om leerders toe te rus vir ’n wêreld wat konstant verander.

Ons vier ons Afrikaanse identiteit met trots, maar skep terselfdertyd doelbewus ruimte vir Engelssprekende leerders om hul plek in die klaskamer, op die sportveld en op die verhoog voluit in te neem.

Ons driepoot van Akademie, Sport en Kultuur word gedryf deur ’n bekwame, passievolle personeelkorps - opvoeders wat hul roeping met oorgawe uitleef. Hulle word daagliks bygestaan deur toegewyde ouers, ’n betrokke gemeenskap, en ’n waardestelsel wat steun op Liefde, Omgee, Verantwoordelikheid en Respek.

 

“You have to fall to rise again.”

Daarom leer ons ons kinders van “Swellie-Grit” - die krag om op te daag, hul bes te gee, te struikel as dit moet, en dan weer op te staan. Want dit is hoe ware karakter gebou word.

 

“Pick yourself up and dust yourself off and start all over again.”

Hier bou ons aan mense, nie net aan resultate nie. Ons vier elke mylpaal - hoe groot of klein – want ons glo: elke kind dra die potensiaal in hom om eendag in ’n skare uit te staan.

 

“When the going gets tough, the tough get going.”

Dit is dan wanneer die Swellie-gees die helderste skyn.

Kom ontdek saam met ons waarom Laerskool Swellendam nie net ’n skool is nie, maar ’n tuiste vir kinders, vir gesinne, en vir almal wat glo dat opvoeding méér as net leer is.

Dit begin, elke dag, hier – by my en by jou!

 

“And his is the story of famous men.”

Swellie-groete!

Benton Nortman

Skoolhoof

  • Instagram
  • Facebook

Kontak Ons:

Maandae - Vrydae : 07:30 - 15:00

Fairbairnstraat

Swellendam

6740

E-pos: ontvangs@swellies.co.za

Tel: +27 (0) 28 514 1347

D6 Aflaai

© 2024 by Jako Tomlinson / Laerskool Swellendam

bottom of page